Robinson Crusoe

Robinson Crusoe

SkrywerDaniel Defoe
LandBrittanje
TaalEngels
OnderwerpDie lewe van ’n skipbreukeling
GenreHistoriese fiksie
UitgewerW. Taylor
Uitgegee25 April 1719
VervolgThe Farther Adventures of Robinson Crusoe

Robinson Crusoe is ’n roman deur Daniel Defoe wat die eerste keer op 25 April 1719 gepubliseer is. Volgens die eerste uitgawe was die hoofkarakter, Robinson Crusoe, die skrywer en dit het baie mense laat dink hy was ’n regte persoon en dat die boek ’n reisverhaal met ware gebeure is.[1] Dit is uitgegee onder die volle titel The Life and Strange Surprizing Adventures of Robinson Crusoe, Of York, Mariner: Who lived Eight and Twenty Years, all alone in an un-inhabited Island on the Coast of America, near the Mouth of the Great River of Oroonoque; Having been cast on Shore by Shipwreck, wherein all the Men perished but himself. With An Account how he was at last as strangely deliver'd by Pyrates.

Die boek was in brief-, bieg- en onderrigvorm en is aangebied as die outobiografie van die titelkarakter (wie se geboortenaam Robinson Kreutzner was) – ’n skipbreukeling wat byna 30 jaar op ’n afgeleë tropiese eiland naby Trinidad deurbring en kannibale, gevangenes en muiters teëkom voordat hy eindelik gered word.

Die storie word dikwels beskou as geskoei op die lewe van Alexander Selkirk, ’n Skotse agtergelate matroos wat vier jaar lank op ’n eiland in die Stille Oseaan, "Más a Tierra" (nou deel van Chili en vanaf 1966 bekend as Robinson Crusoe-eiland),[2] gebly het. Verskeie ander letterkundebronne is egter ook al voorgestel.

Ondanks sy eenvoudige vertelstyl is Robinson Crusoe goed in die letterkundewêreld ontvang en dit word dikwels beskou as die begin van realistiese fiksie as ’n letterkundige genre. Voor einde 1719 is die boek al vier keer herdruk en dit het een van die wyds gepubliseerde boeke in die geskiedenis geword. Talle opvolge en aanpassings vir die verhoog, silwerdoek en TV het al die lig gesien.

  1. Fiction as Authentic as Fact
  2. Severin, Tim - In search of Robinson Crusoe - New York, Basic Books, 2002 ISBN 0-465-07698-X - pp. 23–24

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search